Catalog Search Results
1) Huisgenoot
Huisgenoot is 'n Afrikaanse gesinstydskrif met 'n unieke redaksionele samestelling. Ons dek onderwerpe so wyd soos onder meer menslike dramas, die doen en lates van glansmense, Afrikaanse musieknuus, mediese en wetenskaplike ontdekkings, nuus van algemene belang, verbruikersake, mode- en glansartikels, fiksie, sport, motornuus, handwerkartikels, resepte, tuis- en skoolprojekte, blokkiesraaisels en opwindende wedstryde.
Huisgenoot is vanjaar 100 jaar oud – en om dit te vier, het ons ’n pragtige gedenkboek saamgestel waarin ons terugkyk op die grootste nuusgebeure van die afgelope eeu, die glansmense wat ons gefassineer het, en al die jare van lag en trane. Nie net sal jy heerlik lees aan hierdie versamelaarsuitgawe nie; jy sal dit ook wil bewaar as ’n dokument van ons tyd.
Sluit aan by die wêreldwye bakgier! Hierdie tydskrif is perfek vir sowel gesoute en groentjie-bakkers, vir ma’s wat binne minute vir die kinders ’n koek aanmekaar wil slaan tot mense wat vir gaste wil bak of selfs hul spogkoeke wil verkoop. Daar’s ’n afdeling oor basiese mengmetodes en elke resep vertel vir jou vooraf hoeveel moeite en tyd dit vereis. Al die klassieke staatmakerkoeke is hier, plus natuurlik verruklike kaaskoeke, sjokoladekoeke,
...Huisgenoot is 'n Afrikaanse gesinstydskrif met 'n unieke redaksionele samestelling. Ons dek onderwerpe so wyd soos onder meer menslike dramas, die doen en lates van glansmense, Afrikaanse musieknuus, mediese en wetenskaplike ontdekkings, nuus van algemene belang, verbruikersake, mode- en glansartikels, fiksie, sport, motornuus, handwerkartikels, resepte, tuis- en skoolprojekte, blokkiesraaisels en opwindende wedstryde.
Huisgenoot is vanjaar 100 jaar oud en in dié wonderlike publikasie bring ons al die ikoniese Huisgenoot-resepte byeen wat deur die dekades in jou gunsteling-tydskrif verskyn het. Elkeen kry ’n moderne kinkel sodat dit met gemak op ’n 2016-kostafel kan pryk. Daar’s poedings, koeke, ligte geregte, slaaie, ontbyt en natuurlik alles wat op ’n Sondag ons tafels laat kreun het. Dalk onthou jy nog van die gewildste resepte, soos skoonma-se-tong,
...’n Diagnose van diabetes beteken nie jy of jou gesin moet ophou lekker eet nie. Die kos in dié boekie is perfek vir mense met suikersiekte, maar lekker vir almal – dis glad nie nodig om aparte maaltye te kook nie. Daar’s resepte vir ontbyt, slaai, vis, pluimvee, rooivleis, groente en diabeet-virendelike soetgoed – selfs sjokoladekoek!
Sê tot siens vir maagpyn, opgeblasenheid en al die ander kwale wat soms gepaard gaan met ’n dieet ryk aan gluten. Of jy nou aan seliaksiekte ly, allergies is vir koring of net sensitief is vir gluten – in dié boekie sal jy talle ligte geregte en lekkernye vind wat jy sonder sorg kan eet. Daar’s selfs resepte vir glutenvrye brood, skons, muffins, pizza, tortillas, koeke en terte!
Wil jy ’n laekoolhidraat-eetplan volg, maar jy’s al uitgekuier met fyn blomkool, broodlose burgers en gebakte eiers? Met dié resepte kan jy kies en keur tussen smulkos wat vinnig, veelsydig, bekostigbaar en geskik vir die hele gesin is. Daar’s resepte vir sop, pizzas, slaaie, vis, hoender, vleis en selfs soetgoed.
Die Masterchef tydskrif bied ’n kykie agter die Masterchef-reeks. Met hoogtepunte, resepte, en stories oor die kokke, inspireer hierdie die tydskrif lesers om soos die meesters te kook. Die tydskrif bied wenke en insig vanaf die Masterchef beoordelaars wat kosliefhebbers nêrens anders sal kry nie.
One Direction-koors het Suid-Afrika getref! In Maart en April kom Harry, Liam, Louis, Zayn en Niall al die pad Suid-Afrika toe om drie konserte te hou – en vir volbloed-Directioners is daar nou Huisgenoot se fantastiese One Direction-tydskrif! Lees hoe die groep begin het, alles oor hul liedjies, albums, toere, tatoes, die fliek en natuurlik hope inligting en pretfeite oor elke lid. Daar’s ook ’n 1D-vasvra, pragtige foto’s van die ouens
...Pasta is veelsydig, vinnig, vullend en goedkoop. Jy kan dit omtower in enigiets van slaai, eenbakgeregte of selfs vir n spoggerige onthaal. Kinders, ouers, oumas en oupas hou ewe veel van die stapelkos en kan in n oogwink omskep word van eenvoudig na gesofistikeerd. Die versameling van 30 pastaresepte is ideaal vir die besige ma om iets heerlik en moeitevry in n japtrap op die tafel te kry.
Hou vas, want Reis Na Die Ruimte gaan jou op ’n ongelooflike vlug neem van die begin van ruimtereise tot waar ons vandag is! Verkyk jou aan pragtige infografika van vuurpyle, ’n pendeltuig en die karretjies op die maan en Mars, lees oor die vreemde lewe op die Internasionale Ruimtestasie, kyk hoe ruimtepakke werk en verwonder jou aan die plan om binnekort op Mars te gaan bly. Ons vertel ook meer oor toekomstige vakansies in die ruimte en hoe
...Huisgenoot is 'n Afrikaanse gesinstydskrif met 'n unieke redaksionele samestelling. Ons dek onderwerpe so wyd soos onder meer menslike dramas, die doen en lates van glansmense, Afrikaanse musieknuus, mediese en wetenskaplike ontdekkings, nuus van algemene belang, verbruikersake, mode- en glansartikels, fiksie, sport, motornuus, handwerkartikels, resepte, tuis- en skoolprojekte, blokkiesraaisels en opwindende wedstryde.
Maak skoolprojekte jou elke jaar gespanne? Dan is Huisgenoot se Skooltake 2014 net die tydskrif vir jou. Dis gepak met feite, foto’s, illustrasies en fantastiese infografika – ’n weergalose naslaangids vir die laerskoolkind in jou lewe. Dit bevat alles wat ’n nuuskierige snuiter nodig het en sluit fassinerende onderwerpe in soos die antieke en nuwe wonders van die wêreld, die menslike liggaam, die geskiedenis van geld en die skryfkuns,
...Wonder jy wat jy vanaand vir ete kan maak? Kies dan iets wat maklik, vinnig en smaaklik genoeg is om vir Huisgenoot se TV-program Jy Het ’n Wenresep op die DStv-kanaal VIA gekies te word! Elke resep in die boek is deur een van die program se bobaas-kokke ontwikkel en word beoordeel volgens smaak, interessantheid, bekostigbaarheid, varsheid en die tyd wat dit verg. Huisgenoot se kosredakteur, Carmen Niehaus, gee boonop vir van die resepte ’n
...Didn't find it?
Can't find what you are looking for? Suggest a purchase. Submit Request